De Beer-Stamlyn in Suid Afrika en vertaking in KanadaUpdated August 20, 2002
|
|
Die inligting op die webblad is gebaseer op drie dekades se intensiewe navorsing deur my pa Gieliam Christoffel de Beer (Gebore 17 Junie 1929) en strek terug tot hierdie stamlyn se stamvader wat in 1698 voet aan wal in die Kaap gesit het. Hierdie navorsing is vervat in verskeie publikasies deur my pa en die webbladsy is saamgestel uit inligting wat vervat is die volgende publikasies: *"Familie-Geskiedenis van 'n De Beer-Stamlyn in Suid-Afrika oor drie honderd jaar" *"Matthys en Maria de Beer van Garsfontein" *Frederik en Hester de Beer van Witfontein" My pa, Gieliam Christoffel de Beer, die skrywer van die boeke, het sodoende sy intensiewe genaelogiese navorsing beskikbaar gestel vir almal wat belang stel in die wetenskap. Die webbladsy bevat op die oomblik meer as 800 inskrywings en word nog weekliks bygewerk. Veral die jonger geslag (my neefs en niggies) se inligting oor hulle kinders skiet kort. Maak asseblief kontak op my email adres sodat ek hierdie inligting kan bywerk.
|
|
Jan Louis de Beer [email protected]
|
|
|
|
|
|
|
- Troufoto - Giel en Martha de Beer 8ste geslag (24 KB)
Giel en Martha de Beer, getroud 7 April 1951 - Frederik en Hester de Beer en 11 Kinders (71 KB)
Frederik en Hester de Beer van Witfontein met 11 van hulle 12 kinders (sewende geslag). Van links na regs Coenie, Giel, Pieter, Sarel, Frikkie, Hannes, Thys, Frederik (Vader), Hester (Moeder), Alie, Johanna, Hester en Anna. Bettie die oudste dogter ontbreek op die foto. - 3 Geslagte de Beer's saam in Vancouver, Kanada (53 KB)
Giel en Martha saam met hul seun Jan, sy vrou Liz en twee kinders Gieliam en Hanelize op Grouse Mountain in Vancouver Kanada. Die foto is geneem tydens Giel en Martha se besoek in die somer van 1999. - Gieliam (16 KB)
Gieliam Christoffel de Beer - navorser en skrywer van die boeke waarop die inligting in hierdie webwerf gebaseer is.
|
|
|
|
|